BETTY’S BRAND!

Anli Theron Met die brandseisoen op hande gaan ons gedagtes terug na die verwoestende brand in Bettysbaai in Maart vanjaar. Ter herinnering daaraan publiseer ons hiermee deel een van Anli Theron se vertelling wat in drie aflewerings sal verskyn. Fynbos brand. Dit brand flippin maklik en sonder veel omhaal. Die ou Portugese Seevaarders het van die Kaap gepraat as ‘die mooiste Kaap waar die berge brand’. Die ongelooflike blomspesiediversiteit is volkome afhanklik van die veld wat van tyd tot tyd brand en die meeste fynbos verkies brandtussenposes van sewe tot vyftien jaar. Die gewone proteas…
read more